If you can't read this email, please view it online 

Covid Chronicles

I love this time of year in the Swartland. The mornings are crisp and clear and the scenery is just spectacular with lots of yellow canola and green wheatfields as far as the eye can see. Long lazy weekends in front of the fire place make way for early sunrise walks and bike rides - the ideal time to get rid of that sudden burst of energy that is synonymous with this time of the year. Fortunately one of the perks of living in the Swartland is that there are lots of opportunities to get out there and do just that.

September is die nie-amptelike begin van die tradisionele trouseisoen en ek is seker menigte bruid is verlig dat daar onder vlak 2 Covid-19 regulasies 250 gaste binnenshuis byeengebring kan word vir ‘n funksie, mits dit natuurlik nie 50% van die saal se kapasiteit oorskrei nie. Die Swartland het pragtige onopgesmukte opsies vir intieme, romantiese troues. Bruide opsoek na die ideale troulokaal kan gerus na hierdie blog-artikel op ons webtuiste kyk.

Kom kuier vir ons in die Swartland.

Groete
Jolene Janse van Rensburg
Bestuurder: Swartland Wyn- & Olyfroete

First Fridays Weekend in the Swartland

The Swartland Wine & Olive Route is collaborating with the First Fridays initiative to bring you the best the Swartland region has to offer on the first weekend of every month. What initially started as a one day promotional event has become so popular that it is now a weekend program, jam packed full of activities. Some of the wine and olive producers on the route will be offering specially curated events during the First Friday weekends. Keep a look-out for the First Fridays program on our social media channels. Just remember…space is limited and Covid-19 protocols apply at each venue.

‘n Perfekte 100-tal vir The Sadie Family Wines

Tim Atkin, bekroonde Britse wynskrywer, het vir die tweede agtereenvolgende jaar 100 punte aan ‘n wyn uit die stal van The Sadie Family Wines toegeken.

Verlede jaar het die eer twee wyne uit die Swartland-streek te beurt geval toe The Sadie Family Wines se 2019 Skurfberg Chenin Blanc (WO Olifantsrivier) en Callie Louw van Porseleinberg se 2018 Porseleinberg Syrah (WO Swartland) elk ‘n volmaakte 100 punte ontvang het.

Sadie het vanjaar die prestasie opgevolg met nog ‘n 100 punte toekenning aan die Columella 2019. Die besonderse rooi versnit wat opgemaak word uit kultivars soos Grenache, Cinsault, Carignan en Tinta Barocca is ook as die Rooiwyn van die Jaar aangewys.

Beide die 2019 Porseleinberg Syrah en die 2020 Skurfberg Chenin Blanc het vanjaar ‘n koel 99-punte in Tim Atkin se verslag behaal.

AA Badenhorst Family Wines se 2021 Secateurs Rosé is as die Beste Waarde Rosé van die Jaar aangewys en Mullinieux Wines se 2020 Iron Chenin Blanc is as die Witwynfonds van die Jaar bekroon.

Another Gold Award for the Olive Boutique


The Olive Boutique in Riebeek Kasteel was awarded Gold for their Olive Boutique Frantoio (Delicate category) at this year’s prestigious SA Olive awards. This small boutique olive producer, affectionately known as the village mill, continuous to produce quality olive oils year-on-year under the curatorship of Derek van der Riet and Susan Aird.

This year a total of 46 South African olive oil producers submitted a total of 113 of their very best Extra Virgin Olive Oils (EVOOs) to be judged in the Delicate, Medium and Intense Categories. 

The Olive Boutique Leccino (Intense category) received silver, whilst the Olive Boutique Frantoio Carotino (Medium category) was awarded bronze.

Het Vlock Casteel, also based in Riebeek-Kasteel received a Bronze award for the Het Vlock Casteel Blend in the medium style.

For the full results and the find out more click HERE

"Ex Kalmoesfontein Semper aliquid Novi"
Writen by Helena Sheridan (the cousin who does the social media & stuff)
Photographs: supplied


It has obviously been a strange and stressful year for small businesses, especially wineries, alcohol restrictions were in place for 4 of the last 18 months!

I’m paraphrasing here but I think if Pliny the Elder was around he would agree: “Ex Kalmoesfontein Semper a liquid Novi” – out of Kalmoesfontein there is always something new. Read more

Make sure these producers are in your wine collection
Written by Clifford Roberts; Photography Johan Viljoen


The quality of wines from the Swartland and Darling regions was on full display when the results of this year’s regional Young Wine Show were release on August 17 in the lead-up to the national results. Read more

Swartland olives are more than just and ingredient
Written by Clifford Roberts; Photography Johan Viljoen


There’s an inseparable link between olives and wine, and wheatfields. In the mind, they hop and skip through associations with small Mediterranean villages to conjure up a setting of warmth, community and happiness. Together, they define the Swartland.

Where olives are concerned, the region certainly isn’t the biggest contributor to South Africa’s production. While the Western Cape is the heartland of South Africa’s olive cultivation, one estimate puts Swartland land dedicated to olives at less than 10%. It is however the region’s unique matrix that makes it so memorable. Read more

Klimaat en Landboutoestande No 55 – Augustus 2021
Geborg deur Santam Landbou
Johan van den Berg - Onafhanklike Landbouweerkundige (M.Sc Agric, Landbouweerkunde, UFS)

Belangrike inligting

• Koue toestande sal voortduur tot ten minste die middel van September met reën oor die Winterreënvalgebied tot laat September of selfs later.
• Die La Nina-verskynsel is besig om te ontwikkel en saam met ‘n gunstige opstelling van Indiese Oseaan oppervlaktemperature is dit baie positief vir somerreënval

1. Huidige toestande

Baie koue toestande het begin voorkom vanaf die laaste deel van Mei Ekstreme koue toestande het voortgeduur in Julie en Augustus veral oor die sentrale tot suidelike dele van die land. Sneeu het ook gereeld voorgekom oor die hoërliggende gedeeltes van die Wes-, Noord- en Ooskaapse berge asook Lesotho.

Gereelde goeie reënneerslae in die Winterreënvalgebied van die Weskaap het baie gunstige produksietoestande vir wintergrane geskep. Noemenswaarige reën het ook in die Langkloof voorgekom wat gehelp het om kleiner opgaardamme aan te vul waar water dringend nodig was om ‘n ramp in die vrugte industrie van die gebied te verhoed. Meer reën is egter nodig vir verdere aanvulling van waterbronne in hierdie gebiede. Tussen 20mm en 50mm het ook voorgekom oor die sentrale dele van die land vanaf ongeveer Kuruman in die noorde tot Bloemfontein en Wepener in die suidooste en Prieska in die weste gedurende die naweek van 14 en 15 Augustus. Ligter neerslae het ook voorgekom oor die noordelike dele van die Ooskaap en aangrensende dele van KZN. Baie min of geen reën het steeds voorgekom in die baie droë Baviaanskloof en distrikte soos Jansenville waar die droogte steeds meer intens word nie. Die westelike en suidwestelike dele van die Noordkaap, veral Boesmanland en suidwestelike dele van die Karoo is steeds in die greep van ‘n baie intense droogte.

Weidingstoestande is oor die algemeen nog gunstig vir hierdie tyd van die jaar maar die kwaliteit begin baie vinnig afneem. Met die brandseisoen in volle swang het daar ook al groot weidingsoppervlaktes afgebrand. Alhoewel grondwatertoestande redelik gunstig is as gevolg van die reën voor die winter asook die reën oor die sentrale grasveldgebiede in die middel van Augustus, is temperature te laag vir groei en ontwikkeling of veldherstel.

Vlakke van opgaardamme is oor die algemeen gunstig met die uitsondering van sommige damme in die Ooskaap wat kritiek laag of byna leeg is. Weskaapse damme is gemiddeld 80% vol maar meer belangrik is dat die grootste en belangrikste damme baie naby aan of meer as 100% vol is met verwagte reën in September wat damme verder kan aanvul.

Die watervlak van die Karibadam is op 45% teenoor 36.8% verlede seisoen dieselfde tyd terwyl die Katzedam in Lesotho op 66.4% is en die Mohale dam op 30.9%. Die Hardapdam in die suide van Namibië is op 60.5% van vol volume. 

2. ENSO en Indiese Oseaan

2.1 ENSO (El Nino Suidelike Ossilasie)

 ENSO is steeds op die grens tussen neutraal en swak La Nina. Die belangrike Nino3.4-gebied het alreeds afgekoel tot -0.9° C koeler as normaal teen die einde van Augustus wat alreeds ‘n swak La Nina verteenwoordig indien afkoeling sou voortgaan. Hou in gedagte om as La Nina geklassifiseer te kan word, moet daar afwykings van meer as -0.5°C koeler as gemiddeld wees vir ten minste drie tot vyf maande aaneenlopend. Wat tans baie belangrik is, is die omvang van die poel van koeler water in die Stille Oseaan, alhoewel nie baie intens koud nie. Dit strek vanaf die noordelike dele van die VSA se weskus, suid tot in die middel van Suid-Amerika en wes tot noordoos van Australië. Die omvang van die area met koeler water kan waarskynlik alreeds die gebrek aan intensiteit van die koeler water in die Nino-areas vervang om meer La Nina invloede op die klimaat uit te oefen. So kan die droogte in die VSA se noordweste alreeds tot ‘n groot mate hieraan toegeskryf word.

Die water in die dieper lae van die oseaan benede die Nino-gebiede het ook baie vinnig afgekoel tot ‘n diepte van ongeveer 250m sedert die begin van Augustus wat die La Nina ontwikkel gaan versterk en verseker.

Die Suidelike Ossilasie Indeks (SOI) as indikator van die invloed van see-oppervlaktoestande op oorliggende weerstelsels in die Nino-gebiede is ook reeds La Nina-neigend sedert die middel van Junie.

 

2.2 Indiese Oseaan

Verdere afkoeling van oppervlaktemperature in die westelike en suidwestelike Indiese Oseaan het gedurende Augustus plaasgevind. Bykans die hele westelike Indiese Oseaan vanaf die Horing van Afrika en suidwaarts verby Kaapstad, is tans koeler as normaal. Daar is warmer water ooswaarts in die Indiese Oseaan. Dit is ‘n unieke opstelling wat nie baie gereeld gebeur nie en is dikwels baie positief vir somerreënval. Dit is verteenwoordigend van die negatiewe fase van die Indiese Oseaan Dipool (IOD) indeks en behoort voort te duur tot ten minste midsomer. 

3. Reënval- en klimaatsvooruitsigte

3.1 Somerreënvalgebied

Reënval

Relatief sterk laagdruksisteme het alreeds begin ontwikkel met die eerste lentereën gedurende die middel van Augustus oor die sentrale Somerreënvalgebied. Dit kan alreeds die eerste aanduidings wees van ‘n gunstige somerreënvalseisoen. Met die gunstige Indiese Oseaan seetemperature is die vroeër begin van die somerreënvalseisoen baie moontlik. ‘n La Nina verskynsel is egter geassosieer met ‘n later begin van die reënseisoen maar die Indiese Oseaan kan dit vervroeg. Die gekombineerde effek van die negatiewe IOD en die La Nina wat besig is om te ontwikkel, is baie positief vir somerrreënval.

Dit is moontlik dat minder gunstige toestande in die tweede deeel van die somer kan ontstaan oor die oostelike produksiegebiede wat insluit KZN, Mpumalanga en die Oos Vrystaat. Verder is dit nog baie onseker of die baie droë Boesmanland en Karoo in die suidelike dele van die Noordkaap reën gaan kry wat die droogte kan breek aangesien ‘n swakker La Nina gewoonlik net verantwoordelik is vir goeie neerslae oor die sentrale tot oostelike dele. Die waarskynlikheid vir reën om die droogte in die Ooskaap te breek lyk gunstig in die volgende maande. Swaar neerslae en vloede is nie uitgesluit nie.

Temperatuur

Met die koue toestande en sneeu wat gedurende Augustus voortgeduur het in die suidelike dele van die land, lyk dit asof ondergemiddelde temperature gaan voortduur vir die grootste deel van September. In Oktober kan dit weer vinnig oorgaan in baie warm toestande en hoë temperature.

3.2 Winterreënvalgebied

Die grootste deel van die Winterreënvalgebied het tot op hede baie gunstige reëvaltoestande ervaar, nie net in die hoeveelheid reën nie maar veral ook in die verspreiding oor tyd. Die vooruitsigte is steeds positief vir verdere reën in September met reën wat verwag word rondom 5 tot 8 September, 11 tot 13 September asook 16 tot 18 September. Dit is baie gunstig vir wintergraanproduksie en baie goeie opbrengste word verwag. 

3.3 Namibië

Baie min reën word verwag vir die winter en lente maar vooruitskouings is positief vir die somer vanaf ongeveer November.

Minimumtemperature in die sentrale tot suidelike dele gaan steeds onder 10°C bly vir ten minste die eerste drie weke van September. Baie warm toestande gaan begin voorkom vanaf die tweede week van September oor die noordelike dele.

4. Opsomming en samevatting

• Dit is redelik seker dat ‘n swak tot matige La Nina-verskynsel gaan voorkom in die somer van 2021/22 alhoewel dit tans nog in die ontwikkelingstadium is en baie onsekerheid bestaan oor die intensiteit wat bereik gaan word.
• Gunstige Indiese Oseaan temperature kan die effek van La Nina versterk en dit is baie positief vir gemiddelde tot bogemiddelde reënval in die Somerreënvalgebied.
• Wat die Winterreënvalgebied betref, bly reënvaltoestande gunstig tot ten minste die tweede deel van September met koue fronte wat nog gereeld koue en reën gaan veroorsaak.

5. Vrywaring:

Die outeur of Santam of enige ander partye in die dokument genoem of aangehaal, waarborg geensins die akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid van die inligting in die dokument nie. Enige aksies of besluite wat geneem word op grond van die inligting in hierdie dokument word op eie risiko geneem en sal die outeur, Santam of enige ander partye genoem in die dokument geensins verantwoordelik wees vir enige verliese of skades in verband met die gebruik van die inligting soos wat dit voorkom in hierdie dokument nie.

We are looking forward to welcoming you back to the Swartland.
Warm regards

Swartland Wine & Olive Route
Tel: 022 487 1133

www.swartlandwineandolives.co.za

Proudly sponsored by Santam Agriculture